Wildtuin verwelkom stropers se vonnisse
Loading player...
Die Krugerwildtuin het onlangse vonnisse vir renosterstropers verwelkom.
Ike Phaahla sê groot suksesse is in vervolging aangeteken sedert die hof in Skukuza weer operasioneel geraak het op 1 April.
Gister is Solly Ndima tronkstraf opgelê van 25 jaar vir verskeie oortredings, waarvan hy effektief 16 jaar uit sal dien.
Vrooër die maand is 'n voormalige veldwagter-korporaal in die Krugerwildtui‘n, Phineas Dinda, saam met twee medepligtiges dieselfde straf opgelê en die week tevore is Nito Mathebula ook trokstraf van effektief 16 jaar opgelê vir ondermeer die stroop van ‘n renoster.
Phaahla sê hulle hoop dit stuur ‘n duidelike boodskap aan stropers.