Tweede vermeende transito-rower vasgetrek
Loading player...
‘n Tweede vermeende transito-rower is gister deur die Valke aangekeer.
Lucky Surprise Maseko word beskuldig van ‘n transito-roof, moord en kardiefstal.
‘n Groep gewapende mans het op 16 April ‘n geldwa in Kabokweni aangeval. Die bestuurder is doodgeskiet.
Hul wegkomvoertuie (wat gesteel en gekaap was) is by ‘n huis in Masoyi gevind. Die huiseienaar, Sydney Mokoena, is reeds gearresteer.
Beide sal op 4 Junie saam in die Kabokweni-hof verskyn.