
Lunch Punch: Shaleen Surtie-Richards kort terugblik
Loading player...
Die geliefde aktrise Shaleen Surtie-Richards se liggaam is Maandagoggend op 66-jarige ouderdom in ‘n gastehuis in Kaapstad gevind. Hier is ‘n kort terugblik na een van haar gesprekke met GROOTfm tydens die ‘re-run’ van die immergewilde teaterproduksie “Fiela Se Kind” wat ‘n paar jaar gelede weer deur Lefra Produksies op die planke gebring is. Sy het veral ‘n huishoudelike naam geword vir die vertolking van haar rol as Nenna in Egoli, plek van goud. Rus in vrede Shaleen, ons sal jou altyd onthou vir jou oneindige talent en lewensgroot persoonlikheid.