Man kry lewenslank vir moord in Middelburg
Loading player...
Die 28-jarige Percy Tlamama is Woensdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis deur die Mpumalanga Hoogeregshof in Middelburg.
Tlamama het in Desember 2017 die 56-jarige Johannes Moekwa in sy huis in Siyabuswa beroof en met sy eie vuurwapen doodgeskiet.
Hy het ook kontant, bokke en skape, asook ‘n bakkie gesteel.
Hy het die volgende Januarie ‘n Polo gekaap en die insittendes beroof en met hul bankkaarte geld getrek. Tlamama is in September 2019 aangekeer.