Klasse vir 'n week opgeskort by HTS Witbank
Loading player...
LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê daar is besluit om klasse by die Hoër Tegniese Skool Witbank vir ‘n week op te skort, nadat chaos vanoggend voor die skoolhekke uitgebreek het.
Majuba het met die skoolbestuur vergader oor video’s wat verlede week gesirkuleer het van kinders wat glo baklei.
Volgens Witbank News is daar vroeër traangas gespuit, mense is beseer tydens een van die stormlope en voertuie is met bakstene gegooi.
Majuba sê al die skuldiges sal geskors word, maar moet toegelaat word om eksamen te skryf.