Twee onderwysers voorlopig geskors na herrie by HTS Witbank
Loading player...
Leerlinge van HTS Witbank het vandag teruggekeer skool toe, na die skool verlede week gesluit is weens wrywing oor 'n video waarin kinders baklei.
Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane en die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het die skool besoek.
Sy sê twee onderwysers is voorlopig geskors na die voorval in ‘n rasse-herrie ontaard het.
Twee leerlinge is verlede week geskors. Nog drie wat ook by die bakleiery betrokke was, is nou vir ‘n week geskors.
Al vyf leerlinge sal volgende week dissiplinêr verhoor word.