Nog 'n pitbull by Barberton DBV gesteel
Loading player...
Die derde pitbull in vier maande is gisteraand by die Barberton DBV gesteel.
Marlies Liebenberg sê die heining is geknip en die slot na die hok moontlik met ‘n loper oopgemaak.
Die hond het dieselfde dag van die straat af by die kennels aangekom.
Liebenberg sê pitbulls is baie gesog, omdat hulle gewild is in hondegevegte, en daar ‘n baie groot mark vir hul klein hondjies is.
Sy sê hulle kan nie langer so aangaan nie, en Barberton sal voortaan nie meer pitbulls aanvaar nie - maar die honde na ander DBV-takke uitplaas.