Meer as 42 000 onderwysers in Mpumalanga ingeënt
Loading player...
Mpumalanga se onderwysdepartement sê 42-duisend 66 onderwyspersoneellede is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.
Die spesiale inentingsprogram vir onderwysers het gister op 'n einde geloop. Almal wat kwalifiseer kan egter steeds inentings ontvang.
Registrasie vir mense tussen 35 en 49 is ook nou oop.
LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het diegene wat die inenting ontvang het, herinner om steeds by veiligheidsmaatreëls te hou.
Departement woordvoerder, Gerald Sambo, sê vakbonde en beheerliggame se leierskap het ook ‘n groot rol gespeel in die program.