Baba Ayden terug in intensiewesorg
Loading player...
Baba Ayden van Niekerk, wat sowat 12 weke gelede by die huis in Lydenburg skielik ophou asemhaal het, is gister teruggeplaas na die intensiewesorgeenheid van die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg.
Hy word sedert 12 Julie by ‘n rehabilitasie-sentrum behandel, maar moes teruggaan hospitaal toe nadat hy weer sepsis ontwikkel het.
Ayden is met breinhipoksie gediagnoseer. Sy ma, Estelle van Niekerk, sê hulle verwag dat dit twee tot drie weke sal neem om suksesvol te behandel.