Soektog afgelas na Brondal-plaasaanval
Loading player...
Sekuriteitspanne het die soektog afgelas na drie swaar gewapende verdagtes wat vanoggend 'n boer en sekuriteitsbeampte geskiet het tydens 'n aanval op 'n plaas in die Brondal-omgewing.
Oupa Mhlongo, een van die sekuriteits-beamptes wat gereageer het op die noodroep, is doodgeskiet.
Die boer, Johan van der Merwe, is in die rug geskiet. Hy is volgens berigte kritiek maar stabiel in die hospitaal.
Sover bekend is net die boer se Ford Ranger bakkie, wat in ‘n plantasie naby die plaas agtergelaat is, gesteel.
Joe Pelser van AfriForum se Witrivier-buurtwag sê die verdagtes het te voet gevlug en verdwyn.