Nog vermeende verneukers in die hof

Loading player...
Rejoice Sindisile Magagula en Matilda Velelent Shongwe moet op 15 September weer in die Nelspruit-hof verskyn op klagte van bedrog, geldwassery, en diefstal of alternatiewelik die oortreding van die belasting-administrasie-wet.
Volgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, het Magagula na bewering deur ‘n maatskappy, Fundzani Trading, vals belastingopgawes by die inkomstediens ingedien.
Daardeur het hulle na beraming sowat 203-duisend-Rand verloor. Sy het van die geld aan Shongwe oorbetaal. Elkeen is borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan.
18 Aug 2021 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Mindwalker spesialiseer in gedrag

Die metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM.
16 May 2AM 20 min

NHS- se landlopers presteer

Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive.
18 Apr 3AM 15 min

Robs wen eerste Track & Field

Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles.
17 Apr 2AM 13 min

'Drag races' bekommer inwoners toenemend

Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik.
14 Apr 7AM 9 min

Dis hoe ons rol in die Laeveld

Cobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt.
14 Apr 3AM 10 min