Sekuriteitswag by skool in Daantjie vermoor
Loading player...
'n Skuriteitswag is Vrydag by Sibambisene Primary, ‘n skool in Daantjie, Mbombela, vermoor.
Diewe het na bewering by die skool probeer inbreek en die 59-jarige Philemon Joseph Zitha vermoor.
Hulle het daarna deur die administrasie-gebou se dak ingebreek en ses skootrekenaars, ter waarde van ongeveer 46-duisend-Rand, gesteel.
Departementele woordvoerder, Gerald Sambo, sê die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sal die skool en Zitha se familie môre besoek.