EFF se provinsiale organiseerder sluit by DA aan
Loading player...
Cyril Chuene, die EFF in Mpumalanga se voormalige verkiesings koördineerder en hoofsweep in Ehlanzeni-distriks-munisipaliteit, het vandag aangekondig dat hy by die DA aangesluit het.
Hy is saam met verskeie ander EFF-lede by ‘n perskonferensie verwelkom.
Die DA se Jane Sithole sê Chuene het verlede jaar begin om deur die DA se kandidaat verkiesing proses te gaan.
Chuene sê hy voel dit is die regte party waardeur die samelewing getransformeer kan word.