Barberton vra vir dringende optrede oor brandbestryding
Loading player...
Inwoners van Barberton het ‘n dringende beroep gedoen op Mbombela-munisipaliteit om die dorp se brandweerdiens te herstel.
DA-raadslid Philip Minnaar sê die jongste voorval gister, waarin ‘n huis op Brommers-plaas afgebrand het weens ‘n veldbrand, wys dat hulle nie meer so kan aangaan nie.
Gelukkig kon die gemeenskap self die vuur blus.
Minnaar sê daar is nie toerusting of opgeleide mense in Barberton wat brande kan bestry nie, en alles moet daarom vanaf Nelspruit kom.