Gister Se Grotes: Lizz Meiring eer Franz Marx se nalatenskap

Loading player...
Franz Marx, die skepper van die eerste daaglikse Suid-Afrikaanse sepie 'Egoli: Plek van goud' is Sondag 26 September 2021 op die ouderdom van 78 in Pretoria oorlede. Hy het in Julie positief getoets vir Covid-19 en volgens sy broer Johan, het hy nooit weer volkome daarvan herstel nie. Hy het nog op Stellenbosch gewoon toe hy uitgevind het dat hy die virus opgedoen het. Hy het ook vier jaar gelede 'n vorm van borskanker gehad, wat intussen verwyder is, maar sy een long was weens bestraling beskadig. Hy was ook 'n akteur in flieks soos 'Jy is my liefling' en 'Die drie van der Merwes'. Hy het ook in die fliek 'Danie Bosman' teenoor Min Shaw die rol van die bekende komponis vertolk. Franz los sy seun, 'n aangenome dogter en een kleinkind agter.
26 Sep 2021 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min