Mediclinic Nelspruit ondersteun nasionale vooma-inentings inisiatief hierdie naweek
Loading player...
Mediclinic Nelspruit het almal ouer as 18 jaar genooi om die komende naweek by hul dagkliniek hul inenting teen Covid te ontvang.
Die regering hou die naweek landwyd ‘n “Vooma”-inentingsnaweek om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang. Honderde private inentingstasies sal daarom ook Saterdag oop wees.
Mediclinic Nelspruit se bestuurder, Carmen Savva, sê hulle ondersteun inenting omdat mense wat ingeënt is beduidend minder ernstig siek raak van die virus.