Mpumalanga LUR gearresteer vir moord en poging tot moord
Loading player...
‘n LUR in die Mpumalanga-regering is vanoggend gearresteer vir moord en poging tot moord.
Volgens die polisie se brigadier Vishnu Naidoo het die 45-jarige man homself aan die Nelspruit-polisie oorhandig.
Hy was glo betrokke by ‘n skietery in Nelspruit op 22 Augustus waar twee mense doodgeskiet is, en een gewond is.
Hy is die derde verdagte wat in hierdie verband aangekeer word.
Joseph Charlie Ngwenya en Tshepo Matsane is op 17 September daarvoor in hegtenis geneem. Beide is Vrydag borg van 20-duisend-Rand toegestaan.