Mpumalanga premier reageer op LUR se arrestasie vir dubbele moord
Loading player...
Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê sy sal “gepaste aksie” neem teen die LUR wat vanoggend vir ‘n dubbele moord gearresteer is.
Die 45-jarige LUR, wat na verwagting vanmiddag in die Nelspruit-hof sal verskyn, het homself aan die polisie oorhandig in verband met ‘n skietery op 22 Augustus waarin twee mense doodgeskiet is, en een gewond is.
Mtshweni-Tsipane sê sy beskou die aantygings in ‘n baie ernstige lig en sal na sy hofverskyning optree.