In hierdie inspirerende podsendings-episode deel Gera Louw, direkteur van Studio Spotlight, praktiese wenke om kreatiwiteit by jong talent wakker te maak en te ontwikkel. Geïnspireer deur Albert Einstein se bekende aanhaling dat verbeelding belangriker as kennis is, verduidelik sy Studio Spotlight se unieke holistiese benadering tot die ontwikkeling van kreatiwiteit…
In hierdie inspirerende podsendings-episode gesels die verskilmaker Beverley McKelly oor taal en identiteit. Sy deel waardevolle insigte oor lewende erfenis, kultuurruiling en die belangrikheid van gemeenskap in die bewaring van kultuur. Beverley vertel ook hoe die ATKV-tak Sommer Net Ons ’n sterk en onwrikbare baken in haar gemeenskap geword het…
In hierdie insiggewende podcast-episode gesels Dr. Marlena Kruger, neuro-opvoedkundige en tegnologieverslawing-spesialis, asook uitvoerende hoof van MindUnique Education en TechnoLife Wise Foundation, oor die sielkundige, fisieke en emosionele impak van oormatige tegnologiegebruik. Ontdek die waarskuwingstekens van tegnologieverslawing, hoe slimfone en digitale toestelle breinontwikkeling en welstand beïnvloed, en watter praktiese oplossings, kursusse…
In hierdie inspirerende podsendings-episode gesels Xola Ndondo, stigter en eienaar van Fitness with Coach X, oor verskeie geleenthede en projekte wat daarop gemik is om in mense te belê en gemeenskappe te versterk. Hy deel ook meer oor sy betrokkenheid by die ATKV-tak Victoria-Wes se fiksheidswerkswinkel vir toneelleerders en hoe…
Vier Wêreld-hardopleesdag 2026 saam met veelbekroonde jeugskrywer Jaco Jacobs op die Kopskuif-podcast. Luister hoe die skrywer van meer as 260 boeke van sy gewilde rympies voorlees en gesels oor lees, jeugliteratuur en die wonderlike wêreld van boeke in Suid-Afrika. Hierdie inspirerende episode is ’n móét vir jong lesers, ouers, onderwysers…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.