Samora Machel se dood in Mpumalanga herdenk
Loading player...
President Cyril Ramaphosa en die Mosambiekse president, Filipe Nyusi, het vandag tydens 'n kransleggingseremonie by Mbuzini die dood van Samora Machel herdenk.
Dié voormalige president van Mosambiek is 35 jaar gelede dood.
Sy vliegtuig het op Suid-Afrikaanse grondgebied in die Lebombo-berge naby die sameloop van die grens tussen Suid-Afrika, eSwatini en Mosambiek neergestort.
Die herdenkingsgeleentheid by die Samora Machel-museum, is ook bygewoon deur Machel se weduwee Graca Machel, minister Nathi Mthethwa en premier Refilwe Mtshweni-Tsipane.