Groot roof by Acornhoek Mall

Loading player...
Die polisie soek na 'n groep verdagtes wat vanoggend om ongeveer 02:00 Acornhoek Mall beroof het.
Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê sowat 15 winkels is besteel en verskeie kitsbanke en kontantkluise is met plofstof opgeblaas.
Die polisie is deur sekuriteitsbeamptes in kennis gestel van ‘n inbraak by die winkelsentrum.
Onderweg na die toneel het polisie skote uit verskillende rigtings gehoor.
Met hul aankoms by die toneel het die aanvallers reeds gevlug
Die voorlopige ondersoek toon dat hulle toegang deur ‘n dak verkry het.
22 Oct 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min