Poliebeampte veg om sy lewe na hy in Bosbokrand geskiet is
Loading player...
Die polisie het ‘n mannjeag van stapel gestuur vir verdagtes wat Sondagoggend op polisiebeamptes en ‘n brandweerman geskiet het in Bosbokrand.
Die lede het in die vroeë oggendure op ‘n ongelukstoneel op die R40 by Ga-Bereta gereageer. Die voertuig het van die pad af gery en in ‘n rivier beland. Die bestuurder is oorlede en een passasier het oorleef.
Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, het ‘n groep van ongeveer vyf verdagtes uit die bosse verskyn en op die beamptes begin skiet.
Een ppolisiekonstabel het verskeie skietwonde opgedoen.