Stembriewe in Calcutta gesteel
Loading player...
Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n voorval waartydens ‘n boks vol stembriewe gisteraand in Calcutta gesteel is.
Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, was twee polisiebeamptes en twee amptenare van die verkiesingskommissie besig om stembriewe te vervoer, toe die ingangshek na die stemlokaal deur gemeenskapslede versper is.
‘n Boks vol stembriewe en ‘n leë een is van hul voertuig verwyder.
Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant generaal Semakaleng Manamela, sê buiten dit, was daar geen ernstige voorvalle in die provinsie nie.