Geldskieter in Hazyview aangekeer
Loading player...
‘n Vermeende geldskieter het in die Hazyview-landdroshof verskyn op klagte van oortreding van die nasionale kredietwet.
Nozipho Mabuza is gister deur die Valke en Nasionale Kredietreguleerder aangekeer.
Volgens kaptein Dineo Sekgotodi is sy die eienaar van Humelela Cash Loans wat nie by die Kredietreguleerder geregistreer is nie.
Daar is op sowat 500 bankkaarte, SASSA-kaarte en identiteitsdokumente en meer as 36-duisend-Rand se kontant in haar besit beslag gelê.
Mabuza is borg toegestaan van ‘n duisend-Rand. Die saak is uitgestel tot 25 November.