Renosterstropers sit 16 jaar
Loading player...
Twee renosterstropers is Vrydag tot effektief 16 jaar gevangenisstraf gevonnis in die Skukuza-landdroshof.
Jordan Samuel Mathonsi en Gorge Masango het skuldig gepleit.
Die polisie se brigadier Selvy Mohlala sê twee vars renosterhorings sowel as 'n jaggeweer en ammunisie is in hul besit gevind.
Elkeen is 10 jaar tronkstraf opgelê vir die jag van renosters, ses jaar vir die besit van 'n onwettige vuurwapen, vyf en twee jaar onderskeidelik vir die besit van 'n ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie, drie jaar vir die onwettige betreding van die NKW en een jaar vir onwettige immigrasie.
Van die vonnise sal gelyktydig uitgedien word.