VF Plus juig oor groei
Loading player...
Die VF Plus sê hul groei van 242% in die plaaslike regeringsverkiesing bevestig hulle is een van die groot vyf rolspelers op die Suid-Afrikaanse politieke landskap.
Die party sê die uitslag was ook 'n oorwinning vir minderheidsgroepe.
Pieter Groenewald sê een van die redes is dat die party by herhaling gewys het dat hy bogemiddeld presteer het met beperkte steun.
Die VF Plus het nou verteenwoordiging in al agt metro’s in Suid-Afrika.
Werner Weber, die partyleier in Mpumalanga, wys daarop dat hulle tydens die vorige plaaslike verkiesing in 2016, slegs sewe raadslede tot stadsrade in die provinsie kon verkies. Die getal staan nou op 24.