Twee vas wat department uit miljoene bedrieg
Loading player...
Twee mans wat na bewering saamgesweer het om meer as R4,5 miljoen by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling te steel, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn.
Ronny Germany Ngwenyama en Tinyiko Shadrack Golele word van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla.
Golele was 'n werknemer van die Mpumalanga departement en werk tans in Polokwane vir die departement van landbou.
Volgens die Valke se kapt. Dineo Sekgotodi sal hul familielede wat ook in die geld gedeel het, na verwagting ook nog aangekla word.
Albei is borgtog toegestaan van R5 000. Die saak is uitgestel tot 4 Februarie.