
Lunch Punch: Simoné Roets oor Ongerep saam met Joshua Na Die Reën
Loading player...
Na die vrystelling van haar eerste Afrikaanse enkelsnit en musiekvideo 'Dans in die Donker', deel die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Simoné Roets, (wat deesdae in Australië bly) haar nuwe liedjie 'Ongerep' met die wêreld. Nie net het sy saam met die top-vervaardiger, Jattie de Beer, hieraan gewerk nie, sy het ook die voorreg gehad om dit as duet met Joshua Na Die Reën (Jacques de Villiers) op te neem.