
Lunch Punch: Theuns Jordaan se boesemvriend en kollega, Jacques du Plessis, bevestig sy afsterwe
Loading player...
Die Afrikaanse gemeenskap lei aan skok oor die nuus dat die sanger en liedjieskrywer, Theuns Jordaan, vroeg vanoggend op die ouderdom van 50 oorlede is. Leukemie is in September verlede jaar by Jordaan gediagnoseer. Hy het in Maart vanjaar ‘n beenmurgoorplanting ondergaan as deel van sy kankerbehandeling. Hy is bekend vir sy liedjies "Soos Bloed", "Beautiful In Beaufort-Wes" en meer onlangs "Honger Hart".
Sy boesemvriend en kollega, die sanger, Jacques du Plessis, het die nuus telefonies aan GROOTfm bevestig.
Sy boesemvriend en kollega, die sanger, Jacques du Plessis, het die nuus telefonies aan GROOTfm bevestig.