VF Plus sê ANC wys sy ware kleure deur aan betogers in Middelburg se eise toe te gee

Loading player...
Die VF Plus in Mpumalanga het die ANC veroordeel dat hulle aan die eise van stakende munisipale amptenare van Steve Tshwete-munisipaliteit toegegee het.
Volgens Werner Weber het hulle die afgelope weke die dorp in 'n rommelhoop verander.
Die stakende werkers wat op 12 November afgedank is, is met onmiddellike effek heraangestel en hul salarisse opwaarts aangepas.
Die munisipaliteit sal ook van ʼn Vlak 4-munisipaliteit tot Vlak 5 opgradeer word, wat Weber sê hulle nie kan befonds nie.
18 Nov 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min