Lunch Punch: Schalk Bezuidenhout Sing Sleg in Atterbury Kollig

Loading player...
Schalk Bezuidenhout is bekend as ’n vreeslose én skreeusnaakse komediant. Sy videos op Instagram en Facebook is vir tienduisende Suid-Afrikaners die beste lagmedisyne sedert die lockdown begin het. Schalk tree op by die Atterburyteater met ’n splinternuwe vertoning wat Afrikaanse stand-up komedie met vlymskerp oorspronklike liedjies en musiek – oor alles en nog wat – kombineer. Schalk mag dalk koor gesing het op skool en hy was selfs ‘n Kanarie op die silwerdoek, maar die slotsom is: Schalk sing sleg. Schalk deel die verhoog met die talentvolle musikant Wesley van der Westhuizen. O ja, Wesley speel verskeie instrumente, Schalk tree dus nie op met backtracks soos een of ander snotkop met ‘n snor nie. Kom tuit jou ore en lag jouself ’n papie, want Schalk se liedjies sal jou laat mis, eet, slaap, herhaal én skater! Kaartjies deur seatme.co.za
19 Nov 2021 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min