Lunch Punch: Anna Davel oor 20 in Atterbury Kollig

Loading player...
Hierdie is ‘n nostalgiese terugblik op 20 jaar van road trips, grondpaaie en kronkelpaaie. Never a dull moment. En uit elke avontuur word daar ‘n song gebore. Kom geniet musiekhoogtepunte met ‘n verskeidenheid so reg in Anna se styl; ‘n program van oorspronklike musiek uit haar eie pen. Die gehoor kan uitsien na liedjies wat sy opgeneem het die afgelope 20 jaar, o.a. “Pers”, “Te lank al” en “Die Gypsy in jou oë”. Daar is musiek van haar nuutste album ‘Moment’ en ook gunsteling songs uit haar vroeër swing repertoire wat gereeld versoek word.

Oor meer as 20 jaar het Anna Davel haarself gevestig as ʼn Suid Afrikaanse sanger- liedjieskrywer van formaat, met 9 hoogaangeskrewe albums agter haar naam. Hoogtepunte sluit in: 4 SAMA nominasies en een SAMA toekenning (2006) vir Beste Afrikaanse kontemporêre album asook nominasies vir verskeie ander gesogte nasionale nominasies en toekennings.
26 Nov 2021 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min