Rower wat ondernemings met plofstof teiken, vandag weer in die hof
Loading player...
‘n 27-jarige man wat glo betrokke was by verskeie sakerowe en inbrake regoor die provinsie, verskyn weer vandag in die Nkomazi-landdroshof.
Hy is Maandag in Tonga aangekeer. Volgens die polisie word hy gekoppel aan verskeie rooftogte in September en Oktober waartydens plofstof gebruik is om onder meer kontant te steel.
Volgens brigadier Selvy Mohlala was die man glo ook deel van die groep wat in Oktober winkels in Schoemansdal en Elukwatini deur die gebruik van plofstof beroof het.