Kopbotsing eis ses lewens
Loading player...
Ses mense is gisteraand dood in ‘n ongeluk op die R38 tussen Kaapmuiden en Barberton.
Volgens Moeti Mmusi, van die departement vir gemeenskapsveiligheid, het twee sedans om ongeveer 20:00 reg van voor teen mekaar gebots.
Vier vroue en twee mans tel onder die oorledenes wat beide bestuurders insluit.
Nog drie mense is ernstig beseer en na 'n hospitaal in Mbombela gehaas.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.