Man steel glo polisie-beampte se vuurwapen
Loading player...
‘n 31-jarige man het gister in die Lydenburg-landdroshof verskyn vir die besit van ‘n gesteelde vuurwapen.
Hy is die vorige dag deur die Lydenburg honde-eenheid aangekeer na hulle 'n verdagte vragmotor gestop en deursoek het.
Die Z88-pistool is in sy bagasie gevind.
Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Gugu Phiri, het die verdagte erken hy het die vuurwapen by ‘n polisie-beampte afgeneem.
Die saak is uitgestel tot 11 Januarie.