Vrou vas vir moord op haar dogtertjie
Loading player...
‘n 28-jarige vrou sal na verwagting vandag in die hof verskyn op klagte van moord, nadat haar 21 maande oue dogtertjie se liggaam Dinsdag in ‘n vlak graf in ‘n veld by Phake Rebone, naby Mmamethlake, gevind is.
Volgens die polisie is die kind Vrydag laas gesien toe sy saam met haar ma by die huis weg is.
Familielede het agterdogtig geraak toe die vrou later sonder haar kind terugkeer en nie kon verduidelik waar sy is nie.
Hulle het die saak by die polisie aangemeld wat tot die soektog gelei het.