Waarskuwing oor grypdiewe

Loading player...
'n Man is vanoggend amper sy graaf kwyt, toe 'n grypdief dit van agter op sy bakkie gesteel het.
'n Ooggetuie, Deon Meyer, het agter die betrokke bakkie gewag om regs te draai op Madiba-Rylaan by die Samora Machel-kruising toe hy dit sien gebeur.
Hy en die slagoffer het die dief agterna gesit en hy het sy buit neergegooi.
John Meintjies van ACS Sekuriteit sê dit gebeur veral ook op die kruising van Samora Machel en Henshallstraat by die Promenade.
Hy sê dit is 'n geleentheidsmisdaad.
13 Jan 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min