Pumas opgewonde om toeskouers terug te verwelkom

Loading player...
En in sport: Die 2022 Curriebeker skop vanaand af met die eerste wedstryd tussen die Pumas en Vodacom Bulls by Mbombela-stadion.
Toeskouers word weens Covid-19-regulasies beperk en ondersteuners moet hul inentingsertifikaat by die ingang kan toon.
Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle sien baie daarna uit om weer voor toeskouers te kan speel.
Kaartjies is beskikbaar by die stadion se kaartjiekantoor teen R80 vir volwassenes en R20 per kind. Die wedstryd kan ook regstreeks gevolg word op 100.5FM met kommentaar van RadioRugby.
Die afskop is om 19:00.
14 Jan 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min