Spreeklewe - 'n Nie-traditionele seënbede vir 2022

Loading player...
Ons begin 2022 met 'n Nie-traditionele seënbede. (Franciscan blessing)

Mag God jou seën met ongemak,
Vir maklike antwoorde, halwe waarhede,
En oppervlakkige verhoudings
Sodat jy diep in jou hart
Kan lewe

Mag God jou seën met woede
Vir onreg, onderdrukking,
En die uitbuiting van ander mense,
Sodat jy kan werk vir
Geregtigheid, vryheid en vrede.

Mag God jou seën met trane,
vir die wat pyn, Verwerping, honger en oorlog verduur
Sodat jy jou hand kan uitsteek
Om hulle te troos en
Om hul pyn in vreugde te verander
12 Jan 2022 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Geeweek - Saai berading

Franelyn kom deel haar storie met Annelie en praat oor die belangrikheid van berading en betyds hulp kry vir geestes gesondheid
28 May 22 min

Geeweek - Eleos oor hulle na-skool

Annelie gesels met Marné (maatskaplike werker) Amalie en Grace (Matrikulant) oor Eleos se na-skool projek waar hulle kinders voed, help met huiswerk en verantwoordelikheid leer
27 May 15 min

Wynand Strydom

Wynand Strydom kuier in die ateljee saam met Annelie en gesels geskiedenis en sy nuwe enkelsnit 31 Mei
1 Jun 14 min

Kinderbeskermingsweek

Annelie gesels met Wouter Prozinsky van Rockf of Hop ('n plek van veiligheid vir babas en kleuters) en AO Marinda Austin van die Social Crime Prevention Unit van die SAPD oor Kinderbeskermings week, die tema en hoe ons, ons kinders kan veilig hou
1 Jun 23 min