DA eis optrede oor uitgestelde operasies in Rob Ferreira
Loading player...
Die DA in Mpumalanga eis dat die LUR vir gesondheid in die provinsie, Sasekani Manzini, ingryp by Rob Ferreira-hospitaal waar operasies uitgestel word weens ‘n onklaar lugversorger in ‘n teatersaal.
Die party se woordvoerder oor gesondheidsake in die provinsiale wetgewer, Jane Sithole, sê al die operasies wat in dié betrokke saal uitgevoer sou word, is onbepaald uitgestel.
Sy noem dit ‘n skande en vra dat die betrokke pasiënte na ander hospitale oorgeplaas word waar hulle hulp kan kry.