'Rylopers' kaap vragmotor
Loading player...
‘n Vermeende kaper is gister in Delmas vasgetrek na hy homself as ‘n ryloper voorgedoen het en saam met ‘n makker ‘n vragmotor gekaap het.
Brigadier Selvy Mohlala sê die vragmotor was van Ermelo na Delmas op pad toe die bestuurder drie rylopers ‘n geleentheid gegee het.
Hy het die vrou by ‘n winkelsentrum afgelaai. Daarna het die mans hom gevra om te stop en die een het hom gewurg terwyl die ander hom vasgebind het met skoenveters.
Hulle het hom agterop die vragmotor onder ‘n kombers gesit.
Die polisie het hulle kort daarna gestop. Die een het te voet gevlug, en ‘n 37-jarige verdagte is aangekeer.