Makadamia Ekspo oortref verwagtinge
Loading player...
Die AmberMacs Makadamia Ekspo Vrydag en Saterdag net buite Witrivier het die organiseerders, bywonende boere en leweransiers se verwagtinge oortref.
Philip Moufarrige van AmberMacs, wat die ekspo gereël het, sê dit was spesifiek op die makadamiabedryf gemik en het verskaffers ingesluit, asook kenners op die gebiede van alles van kunsmis en pesbekamping, tot toebehore, implemente en sekuriteit.
Bywoning was gratis, en die algemene publiek het ook van die geleentheid gebruik gemaak om meer oor dié produk, so eie aan die Laeveld, te leer.