RFL is terug in 'n nuwe gedaante
Loading player...
Die Nelspruit Relay for Life is vanjaar terug en met ‘n nuwe baadjie aan.
Na 15 jaar van deurnag stap, en twee jaar wat dit glad nie aangebied kon word nie, is die seremonie vanjaar heelwat korter.
Riaan Loubser sê dit is deels te wyte aan Covid-19-regulasies. Dit vind op 9 April plaas by Eagles View Play Park.
Die middag-seremonie sal voorafgegaan word deur 'n bergfiets rit.
Die stap gedeelte sal slegs sowat twee ure duur, en gevolg word deur die gebruiklike seremonies vir die oorlewendes, hul versorgers en almal wat weens die siekte oorlede is met die Luminaria-seremonie waar kerse vir hulle aangesteek word.