Mbombela polisie-eenheid sonder vervoer gelaat
Loading player...
Die werksaamhede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Mbombela word ernstig gekniehalter deur ʼn tekort aan voertuie.
Volgens die VF Plus se Werner Weber, het dié eenheid sedert die begin van die jaar slegs twee voertuie om vyf dorpe te bedien.
Verlede week was daar weens herstelwerk geen voertuig beskikbaar om sake te ondersoek nie.
Volgens Weber is die party se vrae oor die tekort aan polisievoertuie in die provinsie aan die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, nooit beantwoord nie.