Vonnis vir reeksmoordenaar verwelkom
Loading player...
Die sogenaamde “Masoyi-monster” is vandag tot 150 jaar agter tralies gevonnis vir die moorde op vyf vroue wat hy in 2018 en 2019 gepleeg het.
Die 24-jarige Julius Mndawe is tot lewenslank gevonnis vir elke moord, sowel as vyf jaar vir elke geval van regsverydeling.
Hy het sy slagoffers verkrag en verbrand voor hy hulle in sy erf begrawe het in Numbi Trust buite Witrivier.
Brigadier Selvy Mohlala sê Mndawe het skuldig gepleit op die klagtes in die Mpumalanga Hooggeregshof.
Polisiekommissaris, Semakaleng Manamela, en LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het die swaar vonnis verwelkom.