Gesoekte verdagte in polsieaanhouding
Loading player...
‘n Man wat beskryf is as een van die mees gesoekte kriminele in Mpumalanga sal vandag in die hof verskyn in Bosbokrand en Dinsdag in Mkhuhlu.
Die 21-jarige is Vrydag aangekeer en word verbind met verskeie misdade.
Dit sluit in 14 moorde, verkragting en ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, brandstigting, huisbraak en opsetlike saakbeskadiging.
Een van die moorde was ‘n swanger vrou van Marite wie se liggaam in die Krokodilrivier naby Kanyamazane gegooi is na sy doodgeskiet is in Augustus.
Volgens brigadier Selvy Mohlala sal die verdagte na verwagting Woensdag vir die saak in Kanyamazane verskyn.