Medelye vir agt gestorwe leerlinge
Loading player...
Agt laerskoolleerlinge is gistermiddag dood toe die minibus-taxi waarin hulle na skool op pad was huis toe, tussen Mayflower en Dundonald omgeslaan het.
Sewe kinders is op die toneel dood en die agtste een in die hospitaal.
Tien leerders het ligte tot ernstige beserings opgedoen en word in die Embuleni-hospitaal in Elukwatini behandel.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba; LUR vir veiligheid, Vusi Shongwe; en die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het hul medelye met die families betuig.
Jasper Zwane sê amptenare van die onderwysdepartement sal die drie skole môre besoek.