Gesamentlike begrafnisdiens vir nege leerlinge gehou
Loading player...
‘n Gesamentlike begrafnisdiens sal Donderdag gehou word vir die nege laerskool leerlinge wat Woensdag dood verongeluk het in Mpumalanga.
Die minibus waarin hulle op pad was huis toe van die skool af, het omgeslaan.
Tien leerlinge is ook beseer en in die Elukwatini-hospitaal behandel. Almal was tussen vyf en 13 jaar oud.
Die bestuurder is gearresteer.
Die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê die diens sal by die Mayflower-stadion plaasvind.