Geen arrestasies nog na roof by moskee
Loading player...
Die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, vra die publiek moet op die uitkyk wees vir mense wat gesteelde items aan hulle probeer verkoop.
Dit na sowat 20 mense Vrydagmiddag in ‘n moskee in Kabokweni beroof is.
Sowat 15 swaar gewapende aanvallers het in ‘n wit Quantum kombi daar aangekom en hulle aangehou en beroof van persoonlike items, insluitende selfone.
Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is ‘n mannejag gelood, maar geen arrestasies is nog gemaak nie.