Mannejag na gesin uitgewis word in Bosbokrand

Loading player...
‘n Mannejag is geloods na ‘n sake-eienaar en sy gesin gisteraand noodlottig geskiet is in hul huis in Kasteel naby Bosbokrand.
Volgens die polisie het bure om ongeveer half 8 skote gehoor. Kort daarna is twee mans gesien wat oor die muur spring en vlug.
Die slagoffers is geidentifiseer as die 58-jarige Johnson Fakude, sy 50-jarige vrou, Gift Matsane, en hule twee dogters Princess (11) en Priscilla (8).
Hulle het skietwonde gehad en is op die toneel dood verklaar.
Volgens Brigadier Selvy Mohlala is die motief vir die moorde onbekend.
Fakude was die eienaar van Faduku Cash Loans.
Enigiemand met inligting is gevra om die takbevelvoerder, speurder kolonel Dumisani Mbokane, te kontak by 082-556-5630.
9 Mar 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min